Welcome to SA Hunting Rifle Shooting Association


Noord Vrystaat Ope

“Game X” Noord Vrystaat Ope Veldskiet

Datum: 4 November 2017
Plek: Bothaville. Marouxlandsrust Skietbaan
GPS Koordinate: -27.411695 , 26.774282
Inskietbaan: 06:30 - 08:30 ( Teikens word voorsien 100m-300m )
Registrasies: 07:00 - 08:30
Opening: 08:30
Skiet Begin: 09:00
Inskrywingsgeld: R350pp en R250 vir Juniors onder 18
(Dui Juniors aan in Notes kollom)

INSKRYWINGS SLUIT OP 31 OKTOBER OM MIDDERNAG.
GEEN LAAT INSKRYWINGS SAL AANVAAR WORD NIE.
GEEN INSKRYWINGS OP DIE DAG TOEGELAAT NIE.
SLEGS 180 SKUTS WORD TOEGELAAT. SKRYF VROEGTYDIG IN OM TELEURSTELLING TE VOORKOM!


Verversings sal op die dag te koop aangebied word. Kontant kroeg beskikbaar na afloop van die skiet. Inskrywingsgeld sluit ‘n aansit ete in na afloop van die skiet. Addisionele etes vir toeskouers beskikbaar teen R120 per ete. Ekstra etes moet voor 31 Oktober bespreek word by Jaco Kruger 0609950015 of jacok@suidwes.co.za en moet saam met inskrywingsgeld betaal word. Dui ekstra etes see betaling aan in Notes kollom tydens registrasie.

Die kompetisie sal plaasvind onder die SAJSV se reëls. 30 Skote vanuit onbekende posisies en oor onbekende afstande tussen 50m en 350m. 6 Bane van 5 skote per baan wat sal insluit 2 gong bane en 4 papier bane. Geen windmeters of afstandmeters sal toeglaat word gedurende die dag nie. Geen elektroniese teleskope en Bi-pods sal toegelaat word nie. Bi-pods moet verwyder word vanaf gewere. Enige senterslag jaggeweer vanaf .222 tot en met .300WM sal toegelaat word. Geen teleskoop vergroting beperkings nie. Muzzlebreaks en knaldempers sal wel toegelaat word. Voledige reëls is beskikbaar by www.sahuntingrifle.co.za click op documents. Oorbeskerming is verpligtend en oogbeskerming word aanbeveel maar is nie verpligtend nie. Lisensies van vuurwapens wat gebruik word gedurende die kompetisie moet getoon kan word by navraag van beamptes.

Die .223/.222 kompetisie vind op dieselfde dag, baan en tyd plaas as die Ope. Die .223/.222 skuts kan inskryf vir die Ope en die .223/.222 kompetisie of net vir die .223/.222 kompetise. Alle .223/.222 skuts moet asb aandui in die Notes kollom indien jy vir slegs een of albei kompeties inskryf. Kostes vir slegs die .223/.222 kompetisie beloop R350 per skut en vir albei kompetisies beloop die kostes R550 per skut.

Akkomodasie: Bothaville Info, Tel: 056 515 3042 of mealie@telkomsa.net kontak persoon Hanli Mouton.
Bankrekening: First National Bank
Rekening nom: 62721586925
Verwysing: Lidnommer of Naam en van

Navrae: Herman van der Merwe 0714129987
Jaco Kruger 0609950015

KLIEK HIER OM IN TE SKRYF

 





General Gallery

Designed And Developed by Dreamstate Interactive