Welcome to SA Hunting Rifle Shooting Association


Cape Town and West Coast 223 Entries Open

 

KENNISGEWING VAN DIE

223 WESKUS & CAPE TOWN OPE  VELDSKIET

27 JULIE 2019

SA JAGGEWEER  het die voorreg om die 1ste 223 Weskus & Cape Town Ope (Dubbel Rondte) aan te bied.          

Wanneer:         

Saterdag   27 Julie 2019

Waar:               

Swartbergs Vlei 4x4, Yzerfontein, Weskus (33°13'48.6"S 18°12'14.0"E) 90km vanaf Kaapstad

Tye:                  

Registrasie:  08h00 tot 08h45.                                   

Kompetisie: Gong bane 09h00 tot +/- 15h00                                                                 

Teikenbane 09h00 tot +/- 15h00      

‘n 100-Meter inskietbaan sal beskikbaar wees tot 08h30                 Prysuitdeling: vanaf +/- 15h30

Inskrywings:   

Inskrywings sluit Woensdag 24 Julie 2019.   Die aantal deelnemers wat hanteer kan word is beperk, so skryf vroegtydig in. Geen laat inskrywings sal  aanvaar word nie. Slegs inskrywings wat betaal is sal aanvaar word.  `n Inskrywingsvorm is hieronder  aangeheg of klik gerus op die skakel hieronder vir die inskrywing blad.

                                    INSKRYWINGSVORM HIER

Koste:            

R400.00 per persoon vir Sajaggeweer/Kaapjag lede.  R450,00 per persoon vir nie-lede. Inskrywing sluit in heerlike Braaivleis, Boerewors, Slaaie, Gebakte brood met Konfyte en Kaas.

Aantal skote:  

60 vir die kompetisie (30 per baan), plus inskiet.

Geweer Klasse:           

Standaard Klas: 222/223 kaliber met SAJSV beperkings soos in die skakel (http://www.sahuntingrifle.co.za/222-223rem-std-class/18)     

Ope Klas: Enige 223 kaliber en kleiner – Geen Beperkings

Semi Auto Klas: Enige 223 Semi Auto – Geen Beperkings

Teikens:          

Lewensgrootte papierteikens en 100/200 mm deursnit  “gong”  swaaiteikens.  Ses bane waarop vyf skote elk geskiet word.

Bane en Hoeveelheid skote:        

Cape Town Baan - Ses bane waarop vyf skote elk geskiet word.

Weskus Baan - Ses bane waarop vyf skote elk geskiet word.

Totaal van 60 skote vir die dag.

Afstande:        

Ongemerkte afstande,  50m  tot 250m.

Posisies:         

Sit, staan of lê met rus wat voorsien word, soos voorgeskryf op elke baan.

Reëls:              

Standaard reëls soos bepaal deur die SA Jaggeweerskietvereniging (SAJSV).  Die reëls sal by die  skietbaan beskikbaar wees, en is op die SAJSV se webwerf  www.sahuntingrifle.co.za.

 Geen rangefinders of verkykers word op die baan toegelaat nie..

 Bring saam:   

Geweer en Lisensie, geweersak, oormowwe, skietbril, patrone (genoeg vir kompetisie en inskiet), stoel, hoed, sonbrandolie, bosluisweerder, (reënjas en gumboots?).

Algemeen:       

Hierdie kompetisie is oop vir alle skuts, maar slegs die Standaard Klas se punte tel tot die 222/223 Veldskiet ranglys en Veldskiet Skietspan keuses.

Groot pryse en Lucky Draws!

Navrae:           

HEIN DE SWARDT, sel 083 300 1331,  epos: hein@centurycityconnect.com 





General Gallery
SA Open 2017 223 Class
Gauteng Open 2017
Safari Outdoor SA OPE 2018
IHRSA 2018 World Shoot
SA Open and Top50 2019
Highlights of the recent SA open held in Joubertina 17-18 May 2019

Designed And Developed by Dreamstate Interactive